Advertising Company news South Africa

Subscribe

Elections 2024

The Weekly Update EP:07 - KNOW WHO YOU ARE VOTING FOR AND WHAT THEY STAND FOR.

The Weekly Update EP:07 - KNOW WHO YOU ARE VOTING FOR AND WHAT THEY STAND FOR.

sona.co.za

Advertise your job ad
    Search jobs

    2015 Pendoring-beoordelaarspaneel bekend gemaak

    Die beoordelaars van vanjaar se Pendoring-reklametoekennings is pas bekend gemaak en dit sluit soos altyd 'n uitgelese span kundiges in van die voorste en mees bekroonde agentskappe in Suid-Afrika.

    Daar is weer twee beoordelaarspanele saamgestel, een om al die Afrikaanse inskrywings te beoordeel en 'n paneel vir die inskrywings in die ander nege inheemse tale. Inskrywings kan in enige van Suid-Afrika se amptelike tale wees behalwe Engels.

    Die beoordelaars vir die Afrikaanse afdeling is:

    Konstant van Huyssteen, skeppende hoof, FCB, Kaapstad
    Claudi Potter, senior kopieskrywer, Joe Public
    Ricardo Rocha, uitvoerende skeppende hoof, Etiket
    Leon Jacobs, skeppende hoof, Woolworths
    Annette Nel, uitvoerende skeppende hoof, Baie-lingual Concepts
    Nico Botha, senior kopieskrywer, TBWA\Hunt\Lascaris, Johannesburg
    Deon Wiggett, uitvoerende skeppende hoof en stigtersvennoot, Famous Copy
    Marius van Rensburg, uitvoerende skeppende hoof, Ninety9cents Communications
    Nerine Gardiner, kopieskrywer, FoxP2
    Wimpie le Roux, besturende direkteur, Publicis Machine
    Liana Liebenberg, senior kunshoof, FCB Johanneburg

    Die beoordelaars vir die eg Suid-Afrikaanse afdeling (Engels en Afrikaans uitgesluit) is:

    Neo Mashigo, uitvoerende skeppende hoof, Ogilvy, Johannesburg
    Xolisa Dyeshana, uitvoerende skeppende hoof, Joe Public
    Nkgabiseng Mutao, kunshoof, FCB, Johannesburg
    Festus Masekwameng, uitvoerende skeppende hoof, MKT Media
    Vumile Mavu, skeppende hoof, MC Saatchi Abel, Johannesburg
    Melusi Tshabalala, uitvoerende skeppende hoof, Flint n Tinder
    Xolisa Radebe, skeppende hoof, OpenCo
    Mohlalifi Lentsoane, senior kopieskrywer, FoxP2, Johannesburg

    "As ek na werk kyk, soek ek altyd vir goeie insig en hoe goed dit in die uitvoering daarvan na vore kom. Dis ook belangrik dat dit my vermaak. 'n Goeie aanduiding is gewoonlik as ek wens ek het dit self gedoen," sê Nico Botha, een van die beoordelaars van die Afrikaanse inskrywings en senior kopieskrywer van die agentskap TBWA/Hunt/Lascaris in Johannesburg

    Wanneer sy die Afrikaanse inskrywings gaan help beoordeel, sal dit vir haar belangrik wees om die vraag te vra of ? stuk werk vir enige ander taalgroep so goed sou werk as vir die Afrikaanse mark. "Dit beteken egter nie dit moet 'n blote woordspeling wees nie - dis kortpadkulkuns. Dit moet Afrikaans wees in hart en siel," sê Annette Nel, uitvoerende skeppende hoof by Baie-lingual Concepts.

    Liana Liebenberg, senior kunshoof by FCB, Johannesburg, stem saam. "Die werk moet konseptueel sterk wees en nie net staat maak op slim woordspeling nie. Dit moet gerugsteun word deur? eg Afrikaanse idee en nie net 'n vertaling uit Engels wees nie."

    Marius van Rensburg, uitvoerende skeppende hoof van Ninety9cents Communications gaan op die uitkyk wees vir oortuigende, oorspronklike idees.

    Vanjaar se beoordeling vind van 10 tot 12 September by Mediapark in Aucklandpark plaas.

    Die pryse vir die beste skeppende werk sluit die volgende in:

    • R100,000 (oorsese studiereis) vir die Prestige-wenner
    • R20,000 vir die Umpetha-wenner
    • R10,000 vir die algehele studentewenner (plus 'n internskap)
    • R6,000 vir wenners van ? goue Pendoring
    • R2,500 vir wenners van ? silwer Pendoring
    • Die kliënt van die Prestige-wenner ontvang gratis media van Pendoring se vennote.

    Inskrywings word aanlyn gedoen by www.pendoring.co.za en die sluitingsdatum is 31 Julie 2015.

    Sluit aan by die Pendoring Facebook-groep of volg @Pendoring_ op Twitter en gebruik die hutsteken #Pendoring.

    Pendoring
    Pendoring is the platform that embraces country and industry to promote, unify and celebrate the richness of South Africa's creative content in all its indigenous languages.
    Let's do Biz